Die Hugenote Hoërskool en die Hoërskool Bellville se o.18A-seunshokkiespan het Saterdag 1-1 gelykop gespeel in hul jaarlikse kragmeting. Op die foto jaag Hugenote se Heymish Zyster (regs) die bal. Hy is hierdie seisoen opgeneem in die Boland-o.18A-hokkiespan. Sy spanmaat, Hassan Abbas, sal vir Boland se o.18B-span speel. Pierre Burger (o.14-Boland Sentraal Wes-Lions), Stiaan Erasmus en Landile Mfundisi (albei o.14-Boland Sentraal Wes-Tigers) is ook in van Boland se verteenwoordigende spanne opgeneem.Foto: Engela Duvenage