Die Young Peoples-krieketklub is terug in die Premierliga van Krieket Boland die komende 2024-’25 seisoen. Die klub sal dan teen spanne soos Maties, Vredenburg/Saldanha en al die top- klubs in die Boland sake uitspook.

Interessante wedstryde teen die huidige Drakenstein-klubs in dié liga, onder meer Paarl KK, Paarl-Oos KK en Wellington KK, beloof om ook opwindende krieket op te lewer.

Young Peoples KK, wat verlede sei­soen derde in die Promosieliga geëindig het, gaan weer aan die onder­skeie ligas deelneem met vier mansspanne en ’n vrouespan. Die klub werk tans ook hard om sy junior strukture te verbeter en is veral baie opgewonde hieroor. Young Peoples KK se junior strukture was voorheen baie suksesvol en het ver­skeie spelers opgelewer wat vir Bo­land en later vir die Proteas gespeel het.

Die klub nooi alle belangstellende junior en vrouespelers om hulle by Young Peoples KK aan te sluit.

Bel die direkteur van krieket, Allistair Peterson, by 074 465 9144, of die klub- sekretaris Keenan Uren by 071 901 4444 vir meer inligting.. Young Peoples KK hou Maandag 24 Junie sy jaarvergadering by die Daljosafat-stadion.

You need to be Logged In to leave a comment.