Die rugbyklub Young Gardens het Maandag sy bestuur vir die volgende twee jaar op sy algemene jaarvergadering by die Daljosafat-stadion gekies.
Ivor van Schoor is onbestrede as president herkies, met die nuweling Kowie Adonis as sy visepresident.
Van Schoor het die uitgaande bestuur geloof vir hul harde werk en passie teenoor die klub en gesê hulle het hoë standaarde gestel.
“Dit het vanjaar, in ons 75ste bestaansjaar, besonders goed gegaan met Young Gardens – op en weg van die veld af. Dat ons eerste en derde spanne die Ligabekers van die Paarl-streek van die Westelike Provinsie kon wen en ons tweede span in die Liga- sowel as die Uitklopkompetisie tweede geëindig het, is bewys daarvan.
“Nou moet die nuwe bestuur die klub na die volgende vlak neem, want die uitdagings raak net al groter.”
. Young Gardens sluit die jaar met ’n dansparty op 26 Desember in die Gemeenskapsaal met die orkes Cool Sounds af. Kontak Van Schoor by 082 432 2966 vir kaartjies.
Die nuwe bestuur:
President: Ivor van Schoor
Visepresident: Kowie Adonis
Erepresident: Mario Williams
Sekretaris: Kelly Julius
Hulpsekretaris: Dewayne Davis
Kassier: Graham Adams
Hulpkassier: Sammy Pietersen en Yolandi Whitten
Bemarking en gebeure: Andrew Koopman
Geldinsameling en gebeure: Lionel Matthee
Klubkaptein: Robin Julius
Wedstrydkommissaris: Oliver Jacobs
Wedstrydsekretaris en registrasie: Leneeshia van Schoor
Addisionele lede: Ismael Toerien, El-Nathan de Jager.


