Die rugbyklub Young Gardens van Paarl het Saterdag (8 Oktober) sy bekeruitdeling by die Thusong-sentrum in Paarl-Oos gehou.
Dit was ’n luisterryke geleentheid, met die gewese Springbok-afrigter Peter de Villiers en die Blitsbok Mfundo Ndhlovu as gassprekers.
Die klub vier volgende jaar sy 75ste bestaansjaar, en volgens Ivor van Schoor, die president, gaan die mylpaal behoorlik gevier word. Onder die planne is die stigting van ’n rugby-akademie en ’n ondersteunersklub.
Wat die pryse betref, was dit Damian Simonse, losvoorspeler van die eerste span, se aand. Hy is nie net as Sportman van die jaar aangewys nie, maar is ook die Spelers se speler van die jaar.
Ander toekennings:
Rugbyspeler van die jaar – Ivanick Jacobs
Mees waardevolle speler – Kyle Meyer
Opkomende speler – Sammy Martin
Mees toegewyde speler – Ettienne Ruiters
Uitklopkompetisie-speler – Brenwin Swart
Beste tweedespanvoorspeler – Jacquin Joseph
Beste tweedespanagterspeler – Roger Cupido
Beste eerstespanvoorspeler – Keenan Andrews
Beste eerstespanagterspeler – Furlen Pietersen
Mees verbeterde speler – Dale Charles
Jong speler van die jaar – Dale Charles
Mees gedissiplineerde speler – Morden Thomas
Meeste punte – Roger Cupido
Meeste drieë – Nathan Malgarte
Administrateur van die jaar – Kelly Julies
Presidentstoekenning – Gilbert Fortuin
Mees lojale speler – Matthew Williams
Leierskapstoekenning – Ettienne Ruiters & Robin Julies
Derby-bekers – Purden Benjamin en Robin Julies.