Die bekendstelling van die wynmaker Phillip Jonker se eerste roman, Die Onsigbares, het by die Bôrdienghuisteater by die Breytenbach-sentrum in Wellington plaasgevind. Die landboujoernalis Lucille Botha (links) was in gesprek met hom oor dié plaasroman, wat onder die skrywersnaam PJO Jonker gepubliseer word. By hulle is die Wellingtonner Suzanne Gilliland, wat die bekendstelling bygewoon het. Foto: Engela Duvenage