Die Wellington-polisie nooi energieke, intelligente, geestelik en fisieke sterk vrywilligers om sy lede as polisiereserviste in die stryd teen misdaad by te staan.

’n Reservis dien as vrywillige in die polisie sonder enige verwagtings of ontvangs van vergoeding.

’n Vrywillige reservis word verwag om minstens 16 ure vrywillige diens per maand te lewer.

’n Reservis moet ’n bewys van woonadres lewer en ’n beëdigde verklaring aflê; tussen 20 en 50 jaar oud wees; ’n matrieksertifikaat of soortgelyk hê; twee amptelike tale magtig wees, waarvan een Engels moet wees (praat, lees en skryf); geen misdaadrekord hê nie en geen skuldigbevindings van seksuele of strafregtelike of departementele sake hê nie. . Belangstellendes kan die Wellington-polisiekantoor by 021 864 8440 vir nog inligting en aansoekvorms kontak.

You need to be Logged In to leave a comment.