Woeker met jou talente sodat Afrikaans.com jou kan help om ’n stappie nader aan jou droom te kom.
Maar jy moet opskud! Die kompetisie sluit 30 September.
Dit werk so . . .
Graad 8- tot 12-leerders (tweede- en derdetaal-Afrikaansleerders welkom) kan met die hutsmerk #droomgroot17 op sosiale media (Facebook/Instagram/Twitter) deelneem deur ’n video te maak waarin hulle in Afrikaans op ’n kreatiewe manier met hul talente spog. Die video moet dan opgelaai word.
Onthou net om Afrikaans.com in die pos te tag. Jy kan enigiets doen wat jou talent ten toon stel – van sing, dans, ’n instrument speel, tot stories vertel en rymklets.
Hoe die wenner bepaal sal word:
’n Paneel kies drie uitsonderlike inskrywings en die finaliste word dan gevra om ’n motivering te skryf oor hoe hulle die R10 000 gaan gebruik om ’n stappie nader aan hulle droom te kom.
Die algehele wenner kan self kies wat die prys is wat hulle wil wen – of dit ’n kitaar, ’n rekenaar of ’n kort musiek- of skryfkursus is. Afrikaans.com sal die geld beskikbaar stel en namens die wenner uitgee.
Hier is inspirasie: