Woeker met jou talente en laat jou drome waar word

In plaas van tone en tande tel dié wintervakansie woeker eerder met jou talente sodat Afrikaans.com jou kan help om ’n stappie nader te kom om jou drome waar te maak.


In plaas van tone en tande tel dié wintervakansie woeker eerder met jou talente sodat Afrikaans.com jou kan help om ’n stappie nader te kom om jou drome waar te maak.

Die #droomgroot17-kompetisie vir graad 8- tot 12-leerders skop 1 Julie af en leerders het tot 30 September kans om deel te neem. Afrikaans.com gaan boonop R10 000 beskikbaar stel om die wenner se droom te bewaarheid.

Graad 8- tot 12-leerders (tweede- en derdetaal Afrikaanssprekers welkom) kan met die hutsmerk #droomgroot17 op sosiale media (Facebook/Instagram/Twitter) deelneem deur ’n video te maak waarin hulle in Afrikaans op ’n kreatiewe manier spog met hulle talente. Die video moet dan opgelaai word. Onthou net om Afrikaans.com in die pos aan te heg. Leerders kan ’n gedig lees, ’n liedjie sing, hul beste danspassies uithaal, kletsrym of hulle stories vertel.

’n Paneel kies drie inskrywings wat kop bo skouers uitstaan en die finaliste word dan gevra om vir ons te laat weet hoe die R10 000 gebruik kan word om ’n stappie nader aan hulle droom te kom. Die algehele wenner kry die kans om te kies wat die prys moet wees, ’n kitaar, ’n rekenaar, ’n kort musiek- of skryfkursus, waarna Afrikaans.com die geld beskikbaar stel en namens die wenner uitgee.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.