Winnie Rust deur museum vereer

’n Spesiale huldeblyk ter ere van Winnie Rust vorm deel van die program vir die algemene jaarvergadering van die Vriende van die Wellingtonse Museum.


’n Spesiale huldeblyk ter ere van Winnie Rust vorm deel van die program vir die algemene jaarvergadering van die Vriende van die Wellingtonse Museum.

Die jaarvergadering begin op Saterdag 23 Julie om 10:00 in die Bôrdienghuis by die Breytenbach-sentrum.

Na afloop van die verskillende verslae oor die werksaamhede van die museum, sal ’n nuwe bestuur vir die komende jaar aangewys word, gevolg deur die spesiale huldeblyk, “Liefste Winnie”.

Die huldeblyk staan onder leiding van Louis du Preez en dit word voorgedra deur Eugenie Wiggens en Cornelia du Preez.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.