Inwoners van Noorder-Paarl was vandeesweek verheug toe ’n splinternuwe gerieflikheidswinkel by BP-Noorder-Paarl geopen het – ’n eerste vir dié deel van die Paarl. Die Wingerd Express verkoop daaglikse noodsaaklikhede asook heerlike deli-produkte en koffie. Die Wingerd Express sal Vrydae en Saterdae 24 uur oop wees op en van Sondag tot Donderdag van 06:00 tot 22:00. Die winkel is heeltemal onafhanklik. Die vulstasie is reeds van 1926 hier en van 1981 af behoort dit aan die De Candia-familie. Van links is Mickey Keyser (mede-eienaar), Shannon Gilfellan (assistentbestuurder), Natale de Candia (mede-eienaar) en Tanya de Candia (mede-eienaar) Voor is Charviano Rademeyer (barista), Astrid Nomdoe (deli-assistent) en Feona Pieterse (winkelbestuurder).Foto:


Wingerd Express open vir Noorder-Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.