Windmeul Kelder het André Malan (Goede Wellington Boerdery) van die plaas Goede Hoop in die Wellington-omgewing as Produsent van die Jaar vir 2023 aangewys. Hierdie jaarlikse prys word toegeken op grond van die plaas se kultivarsamestelling, die gehalte van die druiwe en die produsent se betrokkenheid by en gesindheid teenoor Windmeul Kelder. “Ek boer al 21 jaar en ons is sedert 1984 lid by Windmeul Kelder. Ons boerderyvertakkings is wyndruiwe en lemoene. Ons het ’n goeie werkspan van 30 permanente werknemers, wat al die nodige take in die wingerd verrig.” Bo is André Malan saam met die bestuurder, Izak Perold, en sy span.
Windmeul se produsente vereer
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.