Dit gaan ’n besige November vir die Breytenbach-boekklub wees, met vier skrywers wat oor hul boeke by die Breytenbach-sentrum in Wellington sal gesels.
Heinz en Allete Winckler praat Woensdag 20 November met Gawie de Lange, die redakteur van die tydskrif Joy, oor hul onderskeie boeke, Lewensgids vir mans en Lewensgids vir vroue.
Saterdag 27 November gesels Elra-Mari Diederichs oor haar misdaadriller Swyg. Diederichs is ’n joernalis en rubriekskrywer en Swyg is haar vierde boek. Sy sal met die joernalis Engela Duvenage gesels.
Saterdag 23 November om 11:00 praat die universiteitsleier en voormalige ambassadeur prof. Franklin Sonn oor sy outobiografie, Karooseun van Vosburg. Die Wellingtonner Jo-Ann Floris, tuisbladredakteur van Netwerk24, sal die gesprek lei.
Die Breytenbach-boekklub is ’n projek van die Breytenbach-sentrum.
Alle belangstellendes is welkom.
. Kontak Jeannine du Frene by 061 156 5386 vir besprekings of om op die boekklub se WhatsApp-groep ingesluit te word.