Seuns en meisies wat daarin belangstel om alles oor paalspring te leer, kan Maandae tot Donderdae by die Hoërskool Paarl Gimnasium inloer.
Hier sal die bekende paalspringafrigter Louis Nienaber en sy span gereed staan om voornemende paalspringers gratis touwys te maak.
Diegene wat belangstel, kan tussen 16:00 en 17:00 by Gim se sportterrein besoek aflê. Vir verdere inligting, bel Louis by 083 375 3673.