’n Splinternuwe kursus wat spesiaal gemik is op werkskepping deur entrepreneurs, is onlangs deur die Wamakersvallei-opleidingsentrum in samewerking met Badisa van stapel gestuur.
Die kursus is gemik op huisvroue wat met ’n klein speelgroepie wil begin om kleuters vir die skool voor te berei.
Die eerste van die kursusse word tans aangebied en vroue wat belangstel kan Marie Schmidt by die sentrum kontak by 021 873 5942.