Kom wikkel daai boude op 9 Maart by die Faurestraat-stadion in die Paarl wanneer van die beste Afrikaanse musiekkunstenaars in die land by die Paarlberg-fees optree.

Name soos Bobby Van Jaarsveld, Elandre, Karlien Van Jaarsveld, Brendan Peyper, Riaan Benade en Francois Van Coke sal hul treffers hier uitbasuin.

Die hekke open reeds om 11:00 en die musiek begin om 12:15 met Die Piesangskille.

Kos- en kroegstalletjies sal beskikbaar wees.

Geen piekniekmandjies, kos of drank van enige soort mag ingebring word nie.

Mense is wel welkom om hul eie kampstoele en piekniekkomberse saam te bring.

Kaartjiepryse is soos volg: Kinders 3-12 jaar R200; kinders 12-18 jaar R200; algemene kaartjie R295; dubbelkaartjie R550; en BBP-kaartjie R995.

Bespreek by afrikaansevertonings.com

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article