Die Sanlam Drakenstein Derby Champs se halfeindronde vind môre (Vrydag 30 Augustus) om 15:00 by die Bolandstadion plaas en die eindronde Saterdag (31 Augustus) om 09:00 by die Daljosafat-stadion. Die skole wat deelneem, is Klein Nederburg Sekondêr, Paulus Joubert Sekondêr, Wellington Sekondêr, Bergrivier Sekondêr, die Hoërskool Noorder Paarl, New Orleans Sekondêr, Charleston Hill Sekondêr en Weltevrede Sekondêr.