Wiele sing te jolig by kaskardag

Hoewel die skool nog net vier jaar bestaan, het die personeel, die beheerliggaam en leerders van Van Wyksvlei Primêre Skool met sy onlangse suksesvolle kaskardag bewys dat hierdie skool nie hoef terug te staan vir gevestigde skole in Wellington nie.

’n Onderwyser verbonde aan die skool, Denereze Samuels, wat aan die hoof gestaan het van hierdie projek, vertel trots: “Ons skool het in 2015 sy deure oopgemaak en hierdie projek is dus ons derde kaskardag.”

Verder sê Samuels die skool beplan verskeie projekte vir die jaar om sy finansies ’n hupstoot te gee, met die klem op gemeenskapsbetrokkenheid.

“Die kaskardag was inderdaad ’n sukses omdat dit ook ons ouerge­meen­skap op ’n manier betrokke kry en die leerders dan skool op ’n ander manier ook kan ervaar,” verduidelik Samuels.

Die skool se sportterrein was vroegdag al die ene bedrywigheid met verskeie stalletjies en pryse was ook te wen.

Die skoolhoof, Rian Ross, bedank alle donateurs en rolspelers wat hul eerste poging vir die jaar suksesvol voltooi het.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.