Op 1 November 2020 het ’n reuseboom in Paarl Hoofstraat op die sypaadjie omgewaai. Nou byna twee jaar later lê die boomstomp steeds daar.

Ná verskeie oproepe na die munisipaliteit het nog niks gebeur nie. Hulle beweer dat hulle moet uitvind wie se bome staan in die Hoofstraat.

Ná nog oproepe vanjaar het die munisipaliteit onlangs in Julie aan my genoem dat hulle nou uiteindelik ’n kontrakteur gekry en aangestel het om die boomstomp te verwyder, maar ons wag nou nog – geen kontrakteur het nog nooit opgedaag nie.

Ons raadslid hier in Noorder-Paarl kon tot op hede ook niks uitgerig kry nie.

Gister hoor ek ook weer van ’n ander raadslid dat dit steeds die eienaar se verantwoordelikheid is om die stomp te verwyder.

Hoekom plant die munisipaliteit dan akkerbome as dit nie hulle s’n is wanneer dit val nie? Daar is akkerbome in die hele Hoofstraat van Noorder- tot Suider-Paarl – wie se bome is dit dan?


Boomloos verby,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.