Personeel van die Paarl-hospitaal vra familie of kennisse van Archibald Andrew Cecil Britz om na vore te kom.
Britz is ’n 69-jarige man met ’n ligte gelaatskleur en grys hare. Hy is skraal gebou.
Britz het op 5 September by die Paarl-hospitaal aangekom. Hy het geen vaste adres wat gelys is nie en word as haweloos beskou.
Mense wat enige inligting het, word gevra om Charles Raubenheimer (hoofportier), by die Paarl-hospitaal by 021 860 2500 of 021 860 2558 in gewone kantoorure te bel.