Volgende Woensdagaand is weer ’n hoogtepunt op die sosiale kalender van Hugenote Hoërskool wanneer Mnr. en Mej. Hugenote aangewys word. Hugenote se jaarlikse spoggeleentheid vind op 18 Maart om 19:00 plaas. Vanjaar se geleentheid beloof om weer uit die boonste rakke te wees, met Gideon Lombard as seremoniemeester en André Terblanché as gaskunstenaar. Die beoordelaars is Nadia Valvekens, Heinrich Portwig, Robyn van de Rhede en Wihan du Toit. Kaartjies is by die ontvangs van Hugenote Hoërskool beskikbaar teen R90 of R70. Links: Die finaliste