Weskus se blommetoer

Die ATKV-Wellington-gesinstak gaan op Saterdag 3 September, weer met ’n bus vir die dag na die Weskus op ’n blommetoer. Die blomme beloof om vanjaar weer iets besonders te wees.


Die ATKV-Wellington-gesinstak gaan op Saterdag 3 September, weer met ’n bus vir die dag na die Weskus op ’n blommetoer. Die blomme beloof om vanjaar weer iets besonders te wees.

Die toerbus vertrek om 07:30 vanaf Huis Vergenoegd in die Paarl se Hoofstraat en 08:00 vanaf die kerkterrein NG kerk Wellington-Oos. Op pad word die orgideeplaas op Darling besoek, waar blomme en plante gekoop kan word en toergangers bederf word met heerlike pannekoek en tee (ingesluit in die prys).

By Langebaan is van die mooiste blomme te sien en besoek word afgelê by ’n plek in Langebaan met ’n pragtige uitsig oor die strandmeer.

Middagete word by Jacobsbaai in die restaurant, met uitsig oor die see, genuttig.

Die terugrit is via Hopefield. Die bus behoort teen 17:30 op Wellington terug te wees.

Alles ingesluit vir slegs R200 per persoon.

Kry kaartjies by Musieklood in die Paarl en in Wellington by die museum of bel Herbert by 082 374 3146. Bespreek vroegtydig

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.