Die agste Paul de Villiers-gedenklesing is onlangs in die nuwe ouditorium van die Laborie-landgoed deur drs. Lizelle Smit en Esté Kotze, albei argivarisse van die NG kerk-argief in Stellenbosch, vir ’n meelewende gehoor aangebied. Hulle het ook by die onlangse Woordfees gepraat. Die lesing het gehandel oor die veelsydige werk wat NG dominees soos J.D. Kestell, A.D. Luckhoff en A.F. Louw tydens die Anglo-Boereoorlog in die veld, krygsgevangenekampe en konsentrasiekampe verrig het en die invloed wat hulle onder die kampbewoners gehad het. By die geleentheid was, agter van links, Andries Domburgh, genl. Bertus Steenkamp en dr. Carel Stander. Voor: Prof. Dorothea van Zyl, dr. Esté Kotzé, dr. Lizelle Smit en Hybré van Niekerk.Foto: Natalie Gabriels


Werk van NG dominees tydens Boereoorlog bespreek

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article