Ebenezer Primêr het Wêreld-hardoplees-dag verlede Woensdag (1 Februarie) gevier. Freddie Matthee, ’n voormalige skoolhoof van Ebenezer Primêr, het ’n voorlesing vir die graad R- en graad 1- Engelse leerders gedoen. Juffrou Lorraine Hendricks, ’n voormalige departementshoof en gr. 1-onderwyser by die skool, het vir die Afrikaanse graad R- en gr. 1-leerders voorgelees. Agter van links is Shameel Dollie (skoolhoof), Mariette Harker (leerondersteuningsopvoeder) en Freddie Matthee (afgetrede skoolhoof). Voor is Zarah Adriaanse, Wyatt Le Hoe, Lorraine Hendricks (afgetrede onderwyser), Shuzaksekia Cupido en Ezekiel Francis.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.