Huis Andrew Murray (HAM) het weer vanjaar sy Kersfees in Julie-skoendoos­projek.

HAM sorg daagliks vir 150 sorgbehoe­wende kinders wat óf wees gelaat is óf wat deur die kinderhof uit hul ouers se sorg verwyder is. Om ten volle aan die kin­ders se emosionele, fisieke, intellek­tuele en geestelike behoeftes te kan voorsien, is die kinderhuis genood­saak om hulp van die gemeenskap te vra.

Die wenslys vir die skoendoosprojek kan by 021 873 3834/5 of per e-pos na bemarking@andrewmurray.org.za aangevra word.

Alle items moet nuut wees. Die skoendose kan voor of op 25 Julie by HAM se kantoor afgelewer word.

You need to be Logged In to leave a comment.