Wenners wys hoe belangrik water is

Met die waterskaarste en droogtes wat oor die land hoofopskrifte gehaal het die afgelope somer, het Suid-Afrikaners en inwoners van Drakenstein ’n groter bewussyn van die waarde van water ontwikkel.


Met die waterskaarste en droogtes wat oor die land hoofopskrifte gehaal het die afgelope somer, het Suid-Afrikaners en inwoners van Drakenstein ’n groter bewussyn van die waarde van water ontwikkel.

As deel van die jaarlikse Waterweek-veldtog is al die skole van Drakenstein uitgenooi om aan ’n plakkaat-kompetisie deel te neem. Leerders van deelnemende skole het gedurende Waterweek in Maart hul plakkate gemaak en ingeskryf vir die kompetisie. Die wenners is deur die uitvoerende burgemeester, Gesie van Deventer, aangekondig by ’n geleentheid op 4 Mei by die Drakenstein-munisipaliteit.

Die plakkaat-kompetisie vorm deel van die munisipaliteit se bewusmaking van water en waterbesparing, asook die nasionale departement van water en sanitasie se bewusmakingsveldtog. Elke jaar word daar ’n plakkaat-kompetisie gehou vir leerders van graad R tot 3 asook graad 6 oor die hele land. Die wenners van elke munisipaliteit dring deur tot die provinsiale kompetisie en van daar af tot die nasionale kompetisie.

Die tema vir vanjaar se kompetisie was “Die was van hande en die verantwoordelike gebruik en versorging van sanitêre geriewe vir ’n gesonde lewe”.

Die doel van die tema was om leerders te leer hoe om waterhulpbronne te gebruik om algehele gesondheid te bevorder asook hoe om waterbronne te versorg om ’n gesonde omgewing te bevorder. Die kinders het wonderlike kreatiwiteit aan die dag gelê en die kleurvolle plakkate het sterk boodskappe oorgedra van hoe belangrik water vir ons is. Die pryse word deur die Drakenstein-munisipaliteit geborg.

“Dit is bemoedigend om te sien dat ons jeug die erns en waarde van water besef. As volwassenes kan ons gerus by hulle leer. Water bly ’n kosbare en skaars hulpbron en dit is ons almal se verantwoordelikheid om hierna om te sien,” vertel Van Deventer.

* In celebration of Water Week the poster competition was again held. This competition, among others, teach learners to be aware of water conservation.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.