Die wenners van Mnr. en Mej. Paarl is op ’n glansryke geleentheid in die Paarl-stadsaal gekroon. Saam met Mej. Junior Paarl asook die algehele wenner, Michelle Nel (middel), is links Anelisa Siyasi (Mej. Senior Paarl) en regs is Zeta Bake (gasvrou en mentor van ZB-modelskool). Die geselligheid is een van vele wat reg deur die jaar gehou sal word om geld vir Sonop Primêr in te samel. Altesaam 306 geskenkpakkies is vir Sonop Primêr ingesamel wat op 22 Februarie aan die skool oorhandig is.


Wenners aangewys

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article