Die span het op 30 520 eenhede gedroogde perlemoen met ’n geraamde straatwaarde van R9 miljoen beslag gelê.


’n Zimbabwiër is Maandag op die R45 Simondiumpad in besit van meer as R9 miljoen se perlemoen betrap nadat verskeie polisie-eenhede op ’n wenk reageer het.

“Die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoekspan het saam met misdaadintelligensie, die Boland-honde-eenheid en amptenare van die departement van bosbou, visserye en omgewingsake gereageer op inligting oor ’n vragmotor wat onwettige perlemoen op die N1-hoofweg vervoer,” het sers. Julian Martin, ’n woordvoerder van die Groot-Drakenstein-polisie, bevestig.

Die vragmotor is later deursoek nadat polisiemagte die voertuig dopgehou en voorgekeer het.

Die span het beslag gelê op 30 520 eenhede gedroogde perlemoen met ’n geraamde straatwaarde van R9 miljoen.

“Die perlemoen was in ’n vals kompartement versteek. Een 26-jarige verdagte is in hegtenis geneem. Die polisie het op die vragmotor en perlemoen beslag gelê vir verdere ondersoek,” lui Martin se verslag.

Die verdagte het Maandag (14 November) in die Paarl-landdroshof op aanklagte van die onwettige besit en vervoer van perlemoen verskyn.

” ’n Aansoek om borgtog is by die hof ingedien. Die verdagte bly egter in polisieaanhouding en sal na verwagting op 21 November weer in die hof verskyn.”

  • A tip-off led to the arrest of one suspect, who the police caught transporting more than R9 million worth of abalone on the R45 Simondium Road on Thursday, 10 November. The suspect is expected to reappear in Paarl Magistrates’ Court on 21 November facing charges of possession and transporting of abalone.

You need to be Logged In to leave a comment.