Laerskool WA Joubert, wat vanjaar sy 100ste bestaansjaar vier, bied sy jaarlikse talentkompetisie Vrydag 31 Mei in die skoolsaal aan.
Belangstellendes word aangemoedig om in te skryf.
Fantastiese pryse is op die spel.
Die wenner in die afdeling vir seniors kan ’n prys ter waarde van R10 000 wen terwyl die wenner in die afdeling vir junior kunstenaars ’n prys van R5 000 kan losslaan.
Die sluitingsdatum vir inskrywing is Vrydag 26 April.
Inskrywingsvorms is beskikbaar by marinda@wajoubert.co.za.
Bel haar by 082 804 5698 vir navrae of meer inligting.