Ter viering van Vrouemaand kan een Paarl Post-leser twee boeke met verhale geïnspireer deur vroue wen. Onder ’n bloedrooi hemel is die ontroerende memoir van Annemarié van Niekerk. In haar memoir vervleg Van Niekerk haar eie lewensverhaal aangrypend en onthutsend eerlik met ’n verkenning van die groot kwessies in ons land: geweld teen vroue, skuld en onmag, aandadigheid en keuse. Onder ? bloedrooi hemel is ’n diep ontroerende persoonlike reis, van geweld na genade, meesterlik vertel. Meer as net een ma skets die beeld van ouerskap op sosiale media as lieflik, maar dis ver van die werklikheid af. En dan is daar die mommy wars . . . Drie doodgewone ma’s, Lente Swift, Suzanne Smit en Juanli Theron, het besluit dis genoeg van die mededinging en oordeel – ma’s behoort mekaar eerder te ondersteun. En só is Die Naguilklub gebore – ’n oordeelvrye digitale ruimte waar ma’s mekaar inspireer, ondersteun en raad gee. In dié boek deel die stigterlede hul ervarings oor ouerskap. Eerlik, hartroerend, dikwels skreeusnaaks, en gevul met die soet en swaarkry van ouerskap. Whatsapp: VROU na 066 484 3728 om te wen.Foto:


Wen twee boeke deur vroue vir vroue – en mans

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article