Die boeke Dierebabas en My klein wildtuin sal sorg vir hope vermaak vir babas tot sesjariges. Met hierdie kartonboeke kan die kleinspan nie net flappe lig nie, maar ook vat en voel aan leeutjie en apie se stert. Die rymvertaling met kort en eenvoudige teks is perfek vir voorlees terwyl die flappe gelig word om uit te vind watter dier daar wegkruip. Die uitgewer van die boeke is Human & Rousseau en die waarde van die twee boeke saam is R230. Twee gelukkige Paarl Post-lesers kan elk ’n stel boeke wen. SMS die naam van een van die boeke na 066 484 3728 voor 12:00 Maandag 24 Mei.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.