Die aanpassing van hoërskool is nog besig om vir die twee vriende, Hannes en Zander van Melkbosstrand, in te sink – veral omdat dit soveel anders is as wat hulle verwag het dit sou wees.

Die boek Blits 2: Operasie Hoërskool vertel die verhaal van twee jong manne wat hul lywe begin speurder hou en ongerymdhede in hul gemeenskap ondersoek.

Hierdie is die tweede Blits-boek van die gewilde ma-en-seun-skryfspan, Nadine en Adriaan Blom.

As jy net soos die karakters Hannes en Zander is wat daarvan hou om misdaad uit te snuffel en te bekamp, is hierdie boek net vir jou!

Jy het nou die geleentheid om die boek te wen as jy die volgende vraag beantwoord: In watter deel van Kaapstad speel hierdie storie af?SMS of WhatsApp jou antwoord na 066 484 3728 teen Dinsdag 29 September.

You need to be Logged In to leave a comment.