Jy het ’n kans om hierdie twee boeke, Moenie met ’n prinses mors nie! en Die slymerigste, stinkerigste eksperimente-boek te wen.


Met die onlangse viering van Wêreld-hardopleesdag op 5 Februarie het een gelukkige leser ’n kans om twee fantastiese boeke, Moenie met ’n prinses mors nie! en Die slymerigste, stinkerigste eksperimente-boek te wen.

Wêreld-hardopleesdag is ’n wêreldwye veldtog wat daarop gemik is om aandag te vestig op geletterdheid as ’n basiese reg.

Moenie met ’n prinses mors nie! is geskryf deur Rachel Valentine en Rebecca Bagley. Die skrywers vat die leser op ’n reis saam met die prinsesse met wie jy natuurlik nie moet mors nie. Wanneer ’n trol moeilikheid veroorsaak in hul koninkryk bewe almal van die vrees, maar die prinsesse takel hom sonder om twee keer te dink.

As jy daarvan hou om nuwe eksperi­mente uit te toets, sal jy definitief geïnteresseerd wees in Kris Hirschmann se Die slymerigste, stinkerigste eksperi­mente-boek. Dit verduidelik vir jou die koelste konkoksies stap-vir-stap van hoe om slym te maak, ’n wurmplaas bymekaar te stel en selfs hoe om ’n eier se dop te verwyder sonder om dit te breek.

Die boeke belowe om jou verbeelding en nuuskierigheid te prikkel. Beant­woord die volgende vraag om ’n kans te staan om die twee boeke te wen: watter internasionale veldtog is daarop gemik om aandag te vestig op geletterdheid as ’n basiese reg?

SMS of WhatsApp jou antwoord na 066 484 3728 voor Maandag 2 Maart om 12:00.

You need to be Logged In to leave a comment.