Leerders van graad 8 tot 12 kan deelneem aan Afrikaans.com se droomgroot18-talentkompetisie.
Dit is nou jou kans om raakgesien te word en dalk R10 000 te wen! Wat ook al jou talent, of dit sing, dans, kletsrym, gedigte skryf en/of voordra, teken of kitaar speel is, solank dit in Afrikaans is, hoor ons graag van jou.
Wat jy moet doen om in te skryf:
. Neem ’n video van jou talent.
. Laai dit op sosiale media (Facebook of Instagram) of stuur dit vir ons per whatsapp na: 064 652 6873.
. Gebruik die hutsmerk #droomgroot18 saam met jou inskrywing en tag (merk) Afrikaans.com.
R10 000 word in die wenner se drome belê om sy/haar talent verder te ontwikkel. Hoe die wenner bepaal word:
’n Span beoordelaars kyk die video’s en kies finaliste. Elke finalis sal dan gevra word om vir ons te skryf en meer te vertel van sy/haar droom en hoe hy/sy die prysgeld wil gebruik om nader aan sy/haar droom te kom (bv. om ’n musiekinstrument te koop, ’n rekenaar aan te skaf, om in te skryf vir ’n kort musiek- of skryfkursus, ens.).
Nadat almal se motiverings oorweeg is, word die groot wenner gekies en ontvang dan die R10 000-prysgeld wat namens hom/haar aangewend sal word. Inskrywings sluit op 30 September.
Gaan kyk gerus hier vir meer: http://afrikaans.com/projekte-wen/droom-groot-met-jou-talent-jy-kan-wen/
Vir navrae e-pos avjhome@mweb.co.za