Die boeke Ontdek insekte, Ontdek die oseaan, Die menslike liggaam en Hoe om my planeet te red, gaan beslis ’n kinderhartjie bly maak dié Kersfees. Die uitgewer van die boeke is Human & Rousseau. Om ’n kans te hê om al die boeke te wen, SMS die naam van een boek na 066 484 3728 voor Maandag 14 Desember om 12:00.