Die bekende skrywer Dana Snyman het Donderdag 14 November sy nuwe boek, Soekmekaar, by die Breytenbach-sentrum in Wellington bekendgestel. Heleen Pretorius het ’n onderhoud met Snyman oor sy nuutste boek gevoer. Meer as 200 gaste het die geleentheid bygewoon. Die geselligheid was ten bate van Silwerkruin-ouetehuis se Alzheimers-afdeling. Om ’n eksemplaar van Dana se nuwe boek te wen, Whatsapp die naam van die boek na 066 484 3728 teen Dinsdag 26 November.Foto: Jaomi Zeeman