Wellington Wine Route gaan vanjaar voort met sy sogenaamde Wine Wednesdays wat voortaan by Au de Hex gehou sal word.

Die Wellingtonse DBV is vanjaar as begunstigde gekies.

Die volgende Wellington Wine Route Wine Day word egter op Donderdag 19 Maart reeds gehou sodat dit deel kan wees van die feesviering wat met die Cape Epic-bergfietsren gepaard gaan. Alle wynliefhebbers is welkom. Toegang beloop R50 per persoon.

Die volgende datums is Woensdag 29 April en Woensdag 27 Mei. Hou die Old Mutual Insure- Wellington Wine Route-facebookblad dop vir nog aankondigings oor wat in Junie verwag kan word.

You need to be Logged In to leave a comment.