Die Wellington-wildfees word Vrydag en Saterdag 30 en 31 Augustus op die NGK-Wellington-Oos se terrein gehou.
Wildsvleis in alle vorme sal te koop wees – vars verpak uit Middelburg in die Karoo.
Die fees begin Vrydag 30 Augustus 16:00 en duur tot 21:00 en sluit ’n uitstalling deur Agrimark, kindervermaak, verskillende stalletjies en ’n verskeidenheid heerlike kosse in.
Saterdag 31 Augustus begin die fees 09:00 en duur tot 22:00. Die oggend begin met ’n plaasontbyt tot 11:00 en besoekers kan uitsien na ’n verskeidenheid stalletjies.
Biefstuk (eland en bees) en wyn is ook te koop.