Wellington trots op 5 Suidoosterfeessterre

Altesaam vyf finaliste is onlangs uit ’n groep van 40 Wellingtonse jongmense aangewys wat aan die jaarlikse Suidoosterfees-talentsoek­kompetisie deelgeneem het.


Altesaam vyf finaliste is onlangs uit ’n groep van 40 Wellingtonse jongmense aangewys wat aan die jaarlikse Suidoosterfees-talentsoek­kompetisie deelgeneem het.

Die jongmense was tussen 9 en 25 jaar oud en die talente wat hulle ten toon gestel het, het gewissel van musiek, dans en toneelspel.

Die beoordelaars was Sne Dladla, Louis du Preez, Riaan Visman en Lindi Smit en die vyf Wellingtonse finaliste wat hulle aangewys het, was Cara Paulse (viool), Chane Callitz (aktrise), Tian Roelofse (akteur), Jana-Mari van Dyk (klassieke sang) en Catelyn Morris (kletsrymer)

Hulle sal saam met die ander deelnemers wat by ander kompetisies aangewys is, 3 Maart aanstaande jaar aan ’n meesterklas in Tygerberg deelneem voordat die halfeind 10 Maart 2018 plaasvind waar die 12 finaliste gekies sal word wat op die jaarlikse Suidoosterfees sal deelneem.

Verdere inligting oor die laaste twee uitdunne wat later vanjaar gehou sal word, kan verkry word by Lyndsay Cader by 021 408 3560.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.