Wellington se skrywers by Stasiefees vereer

Een van vanjaar se trekpleisters om besoekers na die Stasiefees op Wellington te lok is die skrywer-uitstalling in die geskiedkundige Stasiekoolgebou aangebied gaan word.


Een van vanjaar se trekpleisters om besoekers na die Stasiefees op Wellington te lok is die skrywer-uitstalling in die geskiedkundige Stasiekoolgebou aangebied gaan word.

Die Stasieskoolgebou (tans ’n weegbrug van die Wellington-wynkelder) is vanjaar sowat 137 jaar oud en dit is hier waar Wellington se kontemporêre skrywers hul werke kan uitstal, verkoop of hulle word uitgebeeld op uitstalborde.

Die uitstalling word aangebied deur Granny Muis. Talle Wellington-skrywers en -akademici sal vereer word, soos dr. Dirk Hattingh, dr. Willem Anker, Gaireyah Fredericks, Louis du Preez, dr. Michael le Cordeur en sy suster Edwina Goff.

Voorts is daar ook Winnie Rust, Breyten Breytenbach en Herman Bailey, net om ’n paar te noem.

Kom kyk self op 13 Mei na wat “Onse mense sê en skryf” en kom geniet die Wellington “Op ’n Stasiefees”.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.