Die Wellington-kunsvereniging se eerste uitstalling van lede se kunswerke open Saterdag 5 November om 11:00 by die Breytenbach-sentrum in Wellington.
Die gasspreker is die plaaslike skeppende gees Elsibe Loubser McGuffog.
Die uitstalling duur tot 30 November en kan deur die week tussen 09:00 en 17:00 besigtig word. Kontak Desiree Malan by wellingtonkunsart@gmail.com vir nog info.

