Wellington se Hugenote-hoërskoolkoor, al 116 lede, asook die senior koor van Hugenote Laerskool, pronk in ’n pragvideo om die Springbokke se Rugby-wêreldbekerveldtog te ondersteun.

Die massakoor-veldtog is deur die Shoprite/Checkers-groep saamgestel waarin hulle Suid-Afrikaners uit alle oorde bymekaar gebring het om hul stem van ondersteuning aan die Bokke te gee.

Daar was 1 000 stemme en 12 kore betrokke by die video. Ook verskeie Springbokke se vroue wat deelgeneem het: Gavaza Nyakane, Juanri Mostert, Aimee Kitshoff, Anlia Etzebeth, Anastacia Mbonami en Layla Kolbe.





Hugenote-hoërskoolkoor, onder leiding van Johann Enslin, is saam met ’n paar ander kore, bv. die Universiteit Stellenbosch, Stellenberg-meisieskoor, Laerskool Gene Louw en die Tygerberg-kinderkoor, genooi om aan die opname deel te neem.

Die kinderkoor in die video bestaan ook uit die senior koor van Hugenote Laerskool onder leiding van Leana Engelbrecht.

Enslin het gesê dit was vir die skool ’n wonderlike voorreg om by hierdie besonderse opname betrokke te wees.

You need to be Logged In to leave a comment.