Wellington se ACVV-tak doen goed in moeilike tye

Die Wellingtonse ACVV-tak bestaan uit drie bene, naamlik Maatskaplike Dienste, Silwerkruin en ook die Dienssentrum.


Die Wellingtonse ACVV-tak bestaan uit drie bene, naamlik Maatskaplike Dienste, Silwerkruin en ook die Dienssentrum.

Al drie afdelings werk ten spyte van soms moeilike omstandighede besonder goed en het die finansiële jaar gesond afgesluit, het die voorsitter, dr. Elna von Schlicht, verlede week by die ACVV se jaarvergadering gesê.

Sy het die volgende prentjie van die dienssentrum geskets:

Die dienssentrum het 235 ingeskrewe lede. Etes word verskaf, die lede gaan gereeld op interessante uitstappies, doen oefeninge en woon kuns- en naaldwerklasse by.

Silwerkruin het 124 inwoners waarvan slegs sowat 13 selfversorgend is. Ekstra personeel is aangestel om in al die behoeftes van die inwoners te voorsien.

Geldinsamelings word gehou, ’n lekker braaidag word aangebied en die inwoners neem gereeld aan sang- en gedigte-aande deel.

Die maatskaplike been werk onder baie moeilike omstandighede en het die afgelope jaar 450 gesinne hanteer en bygestaan.

Die ACVV bedryf ’n winkel om sy geldsake aan te vul en maak maandeliks sowat R10 000 daaruit.

Die gasspreker, Danelene Ruiters, is ’n boorling van Wellington en het op die plaas Desperado net buite Wellington grootgeword. Ruiters het ’n graad in landbou met pomologie en wingerdbou as haar hoofvakke.

Spesiale melding is van die uitstekende bydrae van die plaaslike landdros, Awin Saptoe, gemaak.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.