Wellington pak ‘renoster by die horing’

’n Skool en wynlandgoed in Wellington het gewys dat hulle vir bewaring omgee en het geld vir renosters ingesamel.


’n Skool en wynlandgoed in Wellington het gewys dat hulle vir bewaring omgee en het geld vir renosters ingesamel.

Linton Park-wynlandgoed het in samewerking met Laerskool Hugo Rust vir die tweede jaar sy eie inisiatief van stapel gestuur en geld vir ’n renosterbewaringsveldtog, Renosters sonder Grense (RWB), ingesamel.

Teen die agtergrond van internasionale Renosterdag wat 22 September wêreldwyd gevier is, is twee tjeks, van altesaam sowat R120 000, by ’n spesiale geleentheid op die landgoed aan eregas Francois Peenz, uitvoerende hoof van die Africa Foundation en bestuurskomitee van die RWB, oorhandig.

Die jaar se poging het die bedrag van 2016 van R55 000 ver oortref.

Hugo Rust het ook alle verwagtinge oortref en R27 000 in vergelyking met hulle R5 000 van die vorige jaar ingesamel.

Linton Park, met ’n Kaapse stigtings­geskiedenis wat dateer uit 1699, is deel van die multinasionale Camellia-besigheids­groep met sy hoofkantoor in Londen.

Linton Park is in 1995 deur die groep gekoop en met ’n omvattende program van meer as twee dekades is die wynlandgoed tot sy volle glorie gerestoureer.

Linton Park se kommersiële direkteur, Herman le Roux, verduidelik waarom hulle by renosterbewaring betrokke is: “By Linton Park onderskryf ons die Camellia-groep se filosofie van bewaring van die omgewing en natuurlike hulpbronne.

Weens die sensitiewe en bedreigde ekostelsel op die landgoed wat ’n skaars soort Suid-Afrikaanse veld is – ook geskiedkundig en in die volksmond bekend as Renosterveld – het ons besluit om onsself tot natuurbewaring in die breë te verbind. Ons het koppe bymekaargesit en besluit om aandag te gee aan renosterbewaring wat ’n unieke kulturele erfenis eie aan ons land is.

“Ons het besef dat die voortbestaan van die renoster op die Afrikakontinent en in ons eie land ongelukkig ernstig bedreig word en ook onder groot finansiële druk staan.

Linton Park se verhoogde skenking is moontlik gemaak deur die groei in verkope van ons Rhino-wynreeks die afgelope boekjaar. Een rand per bottel wat verkoop is, is deurlopend in ons renoster­bewaringsfonds gestort.

Ons het wonderlike ondersteuning van die publiek en die media ontvang en ek dra graag ons hartlike dank oor aan almal vir hul bydrae om vanjaar se skenking van R92 000 teenoor die R50 000 van 2016 moontlik te maak.”

Le Roux het ook daarop gewys dat Linton Park se Rhino-wynreeks ook meer belangstelling van die inter­nasionale wynhandel ontvang wat renosterbewaring in Suid-Afrika ondersteun.

Laerskool Hugo Rust in Wellington het net 600 leerders en het in 2016 hande met Linton Park gevat en self met sy eie renosterbewaring-geldinsamelings­projek begin. Hulle het verlede jaar R5 000 ingesamel.

Vanjaar het die skool met ’n aantal verbeeldingryke insamelingsinisiatiewe, insluitende verskeie kleurryke en handgemaakte klein renosterkarakters, weer die publiek se aandag getrek en ondersteuning gekry.

Ronel Saayman, projekleier en onderwyser by Hugo Rust, vergesel van vier senior leerders, het die skool se skenking by die vieringsgeleentheid aan Francois Peenz oorhandig.

Sy het beklemtoon dat haar skool sy volle gewig agter hierdie gesamentlike Wellington-inisiatief sit om renosters te help beskerm en dat vanjaar se R27 000 ingesamel.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.