Die algemene jaarvergadering van die Wellingtonse ACVV vind vanjaar op 18 Oktober om 10:00 plaas by Silwerkruin-dienssentrum.
By die geleentheid sal die finansiële state van die ACVV se maatskaplikedienste, van die bejaardesorgsentrum Silwerkruin en van die Fyngoud Dienssentrum aan die vergadering voorgelê word.
Die ACVV se jaarverslag sal gelewer word deur die voorsitter van die ACVV en nuwe burgemeester van die Kaapse Wynlande, dr. Elna von Schlicht.
Alle belangstellendes is welkom om die vergadering by te woon.