September as bewusmakingsmaand oor selfdood is pas verby, en so jaag die jaar weer vinnig tot ’n einde. In my binnekringe in Wellington weet ek van talle selfdoodpogings in dié einste maand. Die lewe met al sy uitdagings en vereistes eis ’n geweldige tol op ons geliefdes en vreemdelinge se welstand.

Hiermee my pleidooi as ’n mens na ’n ander kyk – wees gaaf, onvoorwaardelik lief en ondersteunend teenoor enigiemand wat ’n hulpkreet toon, of selfs nood ontken. Moenie gebluf word met jou naastes óf vyande se voorgee nie.

Hoe sal ’n mens dan werklik besef waardeur die mens tog gaan?

Hiermee die herinnering indien jy met vreemde of wangedrag gekonfronteer word:

Wees onvoorwaardelik lief en vergewe; offer onbaatsugtige ondersteuning; moenie net geld gooi nie, maar bied meegevoel en opoffering; bid elke dag die Here se bewaking oor jou geliefdes én vyande. Verwerp veroordelende gedagtes en wees mooi met jou medemens. Kerstyd kom – skenk liefde in oorvloed.


Liefde Wen,

wellington

You need to be Logged In to leave a comment.