’n Tussenverkiesing sal in November vanjaar in Drakenstein gehou word nadat ’n raadslid onlangs bedank het.
Drakenstein-munisipaliteit het aan Paarl Post bevestig dat raadslede Jako Matthee en Mncedisi Nobala bedank het.
Matthee was ’n wyksraadslid vir die DA (Noorder-Paarl en Nieuwedrift) en ’n tussenverkiesing sal op 23 November gehou word om Matthee se pos te vul.
Nobala, wat ’n proporsionele raadslid vir die ANC was, sal volgens die speaker, Koos le Roux, vervang word deur die volgende kandidaat op die ANC se proporsionele lys.



