Willemien& en Jude HarpStar is te siene in Bibi Slipper se fotosaatmasjien. Foto:


Liefhebbers van die Afrikaanse woordkuns kan hulle regmaak vir twee uitsonderlike vertonings in Die Bôrdienghuis by die Breytenbach-sentrum in Wellington.

Een jaar ná die verskyning van Fotostaatmasjien, Bibi Slippers se bekroonde digbundel, word haar woorde nou ook oorgeklank.

Die musikante Willemien en Jude HarpStar het saamgespan om ’n klompie eksperimentele toonsettings van die gedigte te skep wat die teks naboots, ’n nuwe lewe gee en herinterpreteer.

Kom luister na ’n program wat Bibi se voorlesing en woordkuns met Wille­mien en Jude se toonsettings en musi­kale avonture op harp en klavier kombineer.
. Die vertoning begin Sondagmiddag 4 Maart om 18:00.

Francois le Roux, oftewel die HA!-man (so genoem as gevolg van sy spontane manier van musiekmaak) keer na die Breytenbach-sentrum terug saam met sy lewensgesellin en verhoogvennoot, die Belgiese digter Joke Debaere.

Wat die gehoor met hierdie HA!-optrede (Reis na hier) kan verwag, is ’n vrye vloei van uitdrukkinge of nommers wat telkens geïmproviseer word.

Francois se hoofinstrument is die tjello, maar hy span ook die klavier, klein fluite en liggaamsbeweging in om die HA! (innerlike gevoel) in die oomblik uit te druk. Joke skuif soms agter die mikrofoon in en begin óf voorlees óf spontaan poësie saam met die musiek skep.

Haar woordgebruik is hoogs musikaal en val intuïtief saam met Francois se improvisasies.
. Die HA!-man se vertoning is Dinsdag, 6 Maart, en begin om 20:00.


Die Bôrdienghuis is by die Breyten­bach-sentrum in Burgerstraat 14 in Wellington. Albei vertonings kos R130 per persoon en kan bespreek word by teater@breytenbachsentrum.co.za of by 021 873 2786.

Kom vroeg en bestel betyds ’n pizza om saam met jou glasie wyn te geniet
.

You need to be Logged In to leave a comment.