Dis steeds winter en dit beteken waterblommetjiebredie. En binnekort hou die Windmeul-wynkelder en Rhebokskloof-wynlandgoed hul Waterblommetjiefees, wat ook die bekende waterblommetjie- potjiekoskompetisie insluit. ’n Voorsmakie daarvan is die afgelope naweek by Windmeul gehou toe verlede jaar se wenspan ’n waterblommetjiemaaltyd vir gaste voorberei het. By die ete was van links Hannes Aukamp (topdrie-finalis in 2022 se waterblommetjie-potjiekoskompetisie, die Paarl Post-redakteur Lise Beyers (beoordelaar), Martin Hamer (wenpot), Alta Priem (beoordelaar), Danie Marais (Windmeul-keldermeester) en Jolanda Prinsloo (wenpot). Die fees word op 2 September gehou.Foto: