Met munisipale dienstariewe wat van volgende week af verhoog word, kan inwoners hulle gereed maak om meer vir hierdie dienste op te dok.

Die tarief vir elektrisiteitsverbruik sal met 15,1% styg en die basiese fooi met 9,8%.

Huise met ’n 30 A- enkelfase-aansluiting se vaste koste sal dus R253,64 wees. ’n Huis met ’n 40 A-aansluiting se vaste koste sal R431,73 per maand beloop, ’n 50 A-aansluiting R539,67 per maand en ’n 60 A-aansluiting R647,60 per maand. Huise met 20 A-aansluitings betaal geen vaste koste nie.

Die tarief per eenheid vir 20 A-huise, wat minder as 400 kWh gebruik, sal sowat R1,8482 per eenheid kos. Huise met dieselfde aansluiting, wat meer as 400 kWh gebruik, sal sowat R2,5621 per eenheid betaal. Huise (enkelfase) met ’n 30 A-aansluiting en hoër sal sowat R2,4139 per eenheid betaal.

Die tarief vir water sal met 6,5% styg en inwoners sal dus R6,38 per kiloliter (kF) vir die gebruik van tussen 0 en 6 kF water betaal. Die koste is R11,32 vir die gebruik van tussen 6 kF en 10 kF water; R16,24 vir tussen 10 kF en 15 kF; R21,09 vir tussen 15 kF en 30 kF, R29,44 vir tussen 30 kF en 45 kF, R62,22 vir tussen 45 kF en 55 kF en R93,33 vir alle gebruik bo 55 kF.

’n Vaste koste word ook vir water gehef, wat bepaal word deur die grootte van jou meteraansluiting.

Meters van 15 en 20 mm betaal R65,02; 25 mm betaal R199,74 en 40- en 50 mm-aansluitings betaal R504,21.

Vir vullisverwydering (op met 6,9%) sal huishoudings sowat R347,40 vir die verwydering van een 240-liter-vullishouer per week betaal.

Sanitasie sal met 6,5% styg en eiendomsbelasting met 3,9%. Vir meer oor eiendomsbelasting soos vervat in die jongste begroting, besoek die munisipaliteit se webtuiste.

. Hierdie kostes sluit BTW uit.

You need to be Logged In to leave a comment.