‘Die Wellington-polisie ondersoek die skietdood van ’n 21-jarige man nadat hy Vrydagaand (9 Februarie) noodlottig gewond is.


Die Wellington-polisie ondersoek die skietdood van ’n 21-jarige man nadat hy Vrydagaand (9 Februarie) noodlottig gewond is.

Volgens ’n polisieverslag was die oorledene, bekend as Lee-Keanan Arendse, binne sy woning toe skote buite in die straat afgevuur is. Hy en ’n familielid het in die voorkamer gesit toe hulle die skote omstreeks 23:31 hoor klap het.

Die voorval het in Mosesstraat in Newton afgespeel.

Die moontlikheid dat Arendse nie doelbewus geteiken is nie en eerder deur ’n dwaalkoeël getref is, word ondersoek.

Arendse het glo opgespring en gehardloop om die deur toe te maak toe hy skielik net op die grond neergesak het. By nadere ondersoek is gevind dat hy getref is en die polisie en ambulansdienste is dadelik ontbied.

Die jongman is op die toneel dood verklaar.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article